af
Amelia Strydom

Middernagmusiek

Kitap eklendiğinde bana bildir
Bu kitabı okumak için Bookmate’e EPUB ya da FB2 dosyası yükleyin. Bir kitabı nasıl yüklerim?
Isolde Harmse is desperaat om te vlug nadat haar obsessiewe eksman, Reghardt, weereens uitgevind het in watter dorpie sy wegkruip. Dan daag Hugo Barnard, die beroemde kletsrymer wat onder die verhoognaam Adonis optree, by haar masseerpraktyk op en toe hy hoor hoe Reghardt haar oor die foon dreig, bied hy vir haar ’n uitkoms aan.
Hy sal haar beskerm en met hom saamneem tot in die Kaap as sy sal voorgee om sy meisie te wees ter wille van reklame vir sy nuwe album. Hugo meen hulle moet Reghardt uitlok sodat die polisie hom eens en vir altyd kan vastrek.En Isolde stem in, want sy kan nie so aangaan nie. Buitendien sal dit nie ’n straf wees om aan dié vuurwarm man met die sagte hart se arm te verskyn nie — al het hy tatoes en ‘n oorbel!
Dalk kan sy Hugo ook help, want hy dra blykbaar onnodig swaar aan skuldgevoelens. Of steek daar waarheid in die sinistere stories wat Isolde oor Hugo se verlede hoor? Kan sy haar hart aan hom toevertrou, of is sy al weer met ’n gevaarlike man deurmekaar?
Bu kitap şu anda mevcut değil
187 yazdırılmış sayfalar
Orijinal yayın
2015
Yayınlanma yılı
2015
Bunu zaten okudunuz mu? Bunun hakkında ne düşünüyorsunuz?
👍👎
fb2epub
Dosyalarınızı sürükleyin ve bırakın (bir kerede en fazla 5 tane)